Ooreenkoms vir betaling van skoolgeld
Ooreenkoms om betaling van skoolgelde
(hierna genoem die aansoek en ooreenkoms)
tussen
Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool
('n maatskappy ingelyf kragtens artikel 21 van die Wet op maatskappye, reg nr 2005/005919/08)
en die applikant(e) hieronder genoem.
Ons bevestig dat ons beskik oor 'n bankrekening en dat ons enige inligting beskikbaar sal stel wat in terme van die Kredietwet verlang mag word deur die skool. Hierdie ooreenkoms resorteer nie onder die Kredietwet nie. Ek beskik oor genoegsame fondse vir my en my gesin na betaling van skoolgelde. (Let wel: geen afbetaling met betrekking tot registrasiegelde sal oorweeg word nie)
Ek verklaar dat:
alle inligting deur my verskaf, korrek is en dat ek gemagtig is om die ooreenkoms om betaling van skoolgeld aan te gaan;
ek namens die applikant aanvaar dat alle skoolgeld stiptelik betaalbaar is aan EERSTE NASIONALE BANK, REK NR: 62075833915, TAKKODE: 260 348 of die genomineerde instelling.
Indien ek hierdie vorm indien deur SUBMIT onderaan te druk, bevestig ek dat ek die voorwaardes en bepalings hiervan gelees het, dit verstaan en aanvaar.